Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 12 MEI 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van 'n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat die sleutel van Dave Holliday, ZS5HN op Donderdag 9 Mei 2019 stil geword het. Hy was besig in sy radiokamer en motorhuis en toe hy sy huis binnegegaan het, het hy ineengestort en gesterf. Dave was die Adjunk-direkteur van SARL Hamnet KwaZulu Natal.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy vrou, Cheryl, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

ELEKTRONIESE STEMMERY VIR DIE AJV MOSIES

DIE WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP OP 15 MEI

en

DIE EERSTE RADIO AMATEUR EKSAMEN VIR 2019 OP 18 MEI

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

Die SARL-Nuusspan wens alle Moeders 'n gelukkige Moedersdag toe!

ELEKTRONIESE STEMMERY VIR DIE AJV MOSIES

Die elektroniese stemmery vir die drie mosies wat tydens die 2019 AJV bespreek is, sal plaasvind vanaf Maandag 13 Mei tot Woensdag 22 Mei. Die drie mosies is ingesluit in die 2019 AJV-boekie en sal ook op die stem blad gevind word. Op die stem blad sal jy gevra word vir jou roepsein en lidmaatskap wagwoord. Vir elkeen van die mosies kan jy ten gunste stem; teen stem of buite stemming bly. Nadat jy gestem het, sal die stelsel jou stem opneem en vir jou n e-pos kennisgewing stuur. Die stelsel sal jou nie toelaat om 'n tweede keer te stem nie. 'n SARL-kommunikasie sal op Sondagmiddag met alle inligting uitgereik word.

DIE WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP OP 15 MEI

Die tweede Woensdag 80 m Klub Naelloop sal Woensdag 15 Mei 2019 op die lug wees vanaf 17:00 tot 18:00 UTC met Gelykgolf aktiwiteit tussen 3 510 en 3 570 kHz en Foon aktiwiteit. tussen 3 603 en 3 650 kHz en tussen 3 700 en 3 750 kHz, onthou dat die segment tussen 3 651 en 3 699 kompetisie vry is!

Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou ruit vierkant (bv. KF36). Jy kry 2 punte vir elke QSO, met 5 punte vir die eerste QSO met elke ZS-roep area (ZS1 tot ZS8) en 5 punte vir die eerste QSO met elke land buite Suid-Afrika. Logstate in SLEGS MS Excel-formaat moet teen Woensdag 22 Mei ingedien word per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za. Die naam van die operateur se Klub moet op die logstaat verskyn. Die Excel-logstaat kan gevind word op die Kompetisie-blad op die Liga-webwerf of gebruik die een wat jy vir die Maart Naelloop gebruik het.

DIE EERSTE RADIO AMATEUR EKSAMEN VIR 2019 OP 18 MEI

Die eerste RAE vir 2019 vind plaas volgende Saterdag 18 Mei by verskeie eksamensentrums regoor die land. Daar is 167 kandidate wat vir die eksamen geregistreer het; dit is 'n rekord getal. Baie dankie aan al die Klubs en die individue wat die stokperdjie bevorder en sodoende die RAE 'n sukses maak. Die Raad en die RAE-span wens al die kandidate geluk toe en hoop om binnekort die nuwe roepseine op die lug te hoor.

IS VERTIKALE ANTENNA POLARISASIE BETER VIR TROPO IN DIE KUS AREAS?

Die groot debat op Saterdag 25 Mei by die BHF werkswinkel by die NARS sal hierdie en ander polarisasie van antenna vrae ondersoek. Moenie die "Horisontale versus Vertikale antenna polarisasie vir langafstand BHF kommunikasie” debat mis nie. Dick Coates, ZS6BUN het uitgebreide tegniese referaat navorsing uitgevoer en ervarings data van wêreldwye hulpbronne hersien en sal sy bevindinge aanbied en sy eie ervarings by die werkswinkel deel. Verskeie ander onderwerpe van belang om jou amateur radio-ervaring na die volgende vlak te neem, is ook op die agenda.

Die werkswinkel sal vanaf 08:30 by die SARL Nasionale Amateur Radio Sentrum gehou word en eindig om 13:00. Midde-ligte verversings sal bedien word. Die registrasiegeld is R50 vir SARL en AMSAT SA lede en R100 vir nie-lede. Om te registreer, kry besonderhede op www.sarl.org.za of www.amsatsa.org.za. Jy kan ook die volledige werkswinkel agenda aflaai van skakels op die twee webwerwe.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat uitgesaai word op die 145,650 MHz-herhaler in Port Elizabeth.

SARL HAMNET SIEN OM NA DIE VEILIGHEID VAN BYKANS 2000 FIETSRYERS

SARL Hamnet Gauteng Suid was in volle aksie op Sondag 5 Mei waartydens die organisasie kommunikasie en algemene ondersteuning verskaf het aan deelnemers in die jaarlikse 100 Cycle Challenge, wat plaasgevind het vanaf Germiston-meer . Dit is die herfs se grootste pad fietswedren wat deelnemers lok van Gauteng, die res van Suid-Afrika en die Afrika-kontinent. Afgesien van die tradisionele 100 km vir alle kategorieë, het die organiseerders het 'n 50 km opsie vir ryers wat verkies om 'n korter afstand te ry. Die UCI geleentheid vir manlike pad fietsryers (kategorie 1.2 eendaagse klas 2) is gejaag oor 130 km, wat kulmineer het met ses rondtes van vyf kilometer elk om die Germiston-meer.

Om 03:00 op Sondag oggend het lede van die SARL Hamnet span die omheining spanne vergesel, wat verantwoordelik is vir die implementering van die spoed heinings om die verskillende paaie langs die siklus roetes af te sluit. Na die oprigting van die Operasie sentrum, het die SARL Hamnet span hul finale instruksies gekry en na hul aangewese punte beweeg. Na afloop van die wedloop het Audri Joao, 'n lid van die organiseerders geskryf: "Ek het geen woorde - baie dankie vir alles wat julle gedoen het vir die 2019 100 Cycle Challenge. Ek sidder om te dink wat sou gebeur het sonder julle kundigheid en professionaliteit."

Lees gerus die volledige berig op die SARL Webblad by www.sarl.org.za, of luister na AR Today vir die SARL Hamnet verslag om 10:00 SAT.

RADIO KOMMUNIKASIE VIR DIE DUISTERNIS NA LIG STAPTOG

Die Boland Amateur Radioklub het radiokommunikasie tydens die "Duisternis na Lig" -staptog in Kaapstad verskaf. Die klub het vanaf 04:30 op Saterdag 11 Mei radio kommunikasie verskaf tydens die wêreldwye “Duisternis na Lig"-fees. Die geleentheid is in 200 stede, in 19 lande oor 5 kontinente hierdie jaar aangebied. BARK-lede wat aan hierdie spesiale geleentheid deelgeneem het, was ZS1DDK, ZS1ADL, ZS1JDL, ZS1AN, ZS1TAF, ZS1BOK en ZS2SD wat Kaapstad besoek het. Vir meer inligting oor "Duisternis na Lig" besoek https://www.darknessintolight.ie

DIE ZS3 NAELLOOP VOLGENDE SONDAG

Die ZS3 Naelloop sal op Sondag 19 Mei 2019 op die lug wees van 14:00 tot 15:00 UTC. Dit is 'n foon en gelykgolf kompetisie op die 40 meterband en hierdie jaar speel die ZS3-klubs 'n groter rol in die Naelloop. Kry al die inligting in die 2019 SARL Blouboek.

KOMPETISIE UITSLAE

Die uitslae van die SARL RTD-kompetisie wat in Februarie gehou is, is soos volg:

1ste Jan Botha, ZS4JAN - 87 punte
2de Theunis Potgieter, ZS2EC - 36 punte
3de Marius Snyman, ZR6MS 30 punte
4de All Amateur Radio Club, W7PU - 5 punte

Nege logstate is ontvang vir die Herfs QRP kompetisie. Die uitslae is soos volg:

1ste Die Wesrand Amateurradioklub, ZS6WR - 972 punte
2de Die Jeugland Radioklub, ZR6JRC - 192 punte
3de Volker Otto, ZS3Y - 168 punte
4de Die Pretoria Amateurradioklub, ZS6PTA - 120 punte

DIE JOHANNESBURG ARK SNUFFELMARK

Die Johannesburg Amateurradioklub sal op Saterdag 25 Mei 2019 'n snuffelmark aanbied. Almal is welkom om dit by te woon. Vir meer inligting of om 'n tafel te bespreek, stuur asseblief 'n e-pos aan zs6tjclub@gmail.com of besoek die klub se webwerf by http://zs6tj-club.co.za/. Verversings en middagete sal te koop wees.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar 'n paar sonvlekke sigbaar maar slegs geringe sonfakkel aktiwiteit word verwag. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan heel bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - Moedersdag
13 tot 22 Mei - die elektroniese stemmery op die drie AJV mosies
15 Mei - die Woensdag 80 m Klub Naelloop
17-19 Mei - die Dayton Hamvention
18 Mei - die Mei RAE
19 Mei - die ZS3 Naelloop
20 Mei - Sluitingsdatum vir AWA Buis QSO Geselligheid logstate
24 Mei - Sluitingsdatum vir Junie Radio ZS
25 tot 26 - CQ WPX Gelykgolf kompetisie
01 Junie - Wesrand ARK snuffelmark

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die elektroniese stemmery vir die drie mosies wat tydens die 2019 AJV bespreek is, sal plaasvind van Maandag 13 Mei tot Woensdag 22 Mei. Die drie mosies is ingesluit in die 2019 AJV-boekie 2019 en sal ook op die stem blad gevind word. 'n SARL-kommunikasie sal op Sondagmiddag met alle inligting uitgereik word.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003